Verbeeldingsvlug

Elke kwartaal sluit Bellville-Noord se mediaspan ‘n harde en besige paar weke in die biblioteek af deur weg te breek van boekrakke regpak, ens. en ‘n bietjie pret te hê. Hierdie keer het hul ”n  “verbeeldingsvlug” onderneem waartydens hulle selfs bedien is deur lugwaardinne. Tydens hul vlug het hul onder andere Brasilië besoek waar hul lekker gesamba en nog ‘n hele paar ander danse saam met ‘n profesionele instruktrise gedans het, pizza’s in Italië geëet en ook ‘n lekker “invlug” film gekyk het.