Kleure rugby

■ Die blou span tydens halftyd van Laerskool Bellville Noord se wintersport op Donderdag 24 Augustus. Die seisoen het amptelik afgesluit met die jaarlikse kleurerugby. Blou was weereens net te sterk vir goud en het in drie van die wedstryde gewen. Die onder 12/onder 13 wedstryd was ‘n klipharde een met drie pragdrieë elk wat deur elke kleurspan aangeteken is om gelykop te eindig. Vroeër die maand by die kleurenetbal was goud vir die eerste keer in jare die wenners.