Entrepreneursdae

Jessica Nel, Joanca Lourens, Madelein Smit en Lize Oosthuysen maak gebruik van * klankstelsel om hul produkte te verkoop.

Die afgelope kwartaal was Laerskool Bellville-Noord se leerlinge bevoorreg om twee keer entrepreneursdae te hê. Die Graad 3’s was eerste op Donderdag 28 Augustus. Hulle het geld ingesamel wat in hul graad aangewend sal word vir hulpmiddels, en dies meer. Vrydag 1 September, het die Graad 7’s toe hul entrepreneursdag gehou. Dit vorm deel van hul leerplan en hulle moes baie goed beplan en ‘n behoorlik uitgewerkte plan van aksie indien. Hier kyk hulle onder andere na uitgawes, bedryfskostes (huur van skool se tafels) voordat hul kan bepaal of hulle wel ‘n suksesvolle stalletjie gehad het.