Jannie du Toit en Thean Kotze

■ Jannie du Toit en Thean Kotze tree op by Die Boer Restaurant Teater, Durbanville, op Woensdag 16 Mei om 8.30nm. Die twee ervare verhoogkunstenaars bied die liedjies van hulle gewaardeerde vriend, kollega en ‘n legende van Afrikaanse musiek, Lucas Maree, passievol aan. Soos Lucas self die sestigs se folk gesing het met die klem op fyn afgeronde kitaarspel, harmonieë en tekste wat iets te sê het, beweeg Jannie en Thean singend en spelend deur die wonderlike landskap van verhale, ideale, wysheid en drome wat die ou Groot Beer – soos sy vriend Coenie de Villiers hom genoem het – daargestel het. Kaartjies is R140. Bespreek by 021 979 1911 of 083 406 0111 of aanlyn by www.dieboer.com