Fatman

■ Skaars ‘n maand na die suksesvolle vrystelling van sy eerste enkelsnit, Boom Baby, is The Voice SA se Fatman terug met sy debuutalbum, wat beloof om nie net voort te bou op die energieke opgewekte wenresep wat so kenmerkend is aan die kunstenaar nie, maar ook om sy sangtalent in volle glorie ten toon te stel. Hy tree op by Die Boer Restaurant Teater, Durbanville, vandag Donderdag 1 Februarie om 8.30nm. Boom Baby is ‘n versameling snitte wat spesiaal uitgesoek is om aan elkeen van sy aanhangers se vereistes te voldoen. Hierdie vertoning is gebaseer op die CD, waarvan die oorspronklike inhoud ‘n spanpoging was deur Fatman, Johan Vorster, Roux Cloete en Appel. Kaartjies is R120 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com FOTO: CLINTON LUBBE